Roma
From Wikipedia, the free encyclopedia
Roma is 'n sambreelterm vir 'n aantal etnies verwante groepe wat oorspronklik uit Indië afkomstig is en vanaf die 14de eeu in meerdere migrasiegolwe via Suidwes-Asië na Noord-Afrika en Europa, in die moderne tyd ook na die Amerikas en Australië gemigreer het.
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Romani.
Roma | |
---|---|
Vlag van die Roma | |
Totale bevolking: | ca. 2–12 miljoen[1][2][3][4] |
Belangrike bevolkings in: | Verenigde State ~1 miljoen[5] Brasilië 800 000[6] |
Taal: | Romani, tale van inheemse streke |
Geloofsoortuiging: | Christendom (Rooms-Katolieke Kerk, Oosters-Ortodokse Kerk, Protestantisme) • Islam • Sjaktisme[47] |
Verwante etniese groepe: | Dom, Lom, Domba en ander Indo-Ariërs |
Roma word as etnies-kulturele minderheid op alle vastelande aangetref, alhoewel die meerderheid in Europa en hier veral in Suidoos-Europese en enkele Sentraal-Europese lande asook in Spanje en Portugal leef. In Duitssprekende gebiede word na hierdie etniese groepe meestal as "Sinti en Roma" verwys. In Duitsland is die Roma 'n erkende minderheid soos Dene, Friese en Sorbe.[48]
Hul gemeenskaplike taal is Romani of Romanes, met 'n groot verskeidenheid dialekte.
Baie lede van die minderheid word sowel vanweë hulle etniese afkoms asook hulle sosiale situasie gemarginaliseer. So word ook die term Sigeuner as neerhalend ervaar.