Suriname
From Wikipedia, the free encyclopedia
Suriname, amptelik die Republiek van Suriname (Nederlands: Republiek Suriname [ˌreːpyˈblik ˌsyːriˈnaːmə]), is 'n Suid-Amerikaanse republiek, geleë aan die noordooskus van die vasteland en grens in die ooste aan Frans-Guyana, in die weste aan (voormalige Britse) Guyana, in die suide aan Brasilië en in die noorde aan die Atlantiese Oseaan. Suriname is die kleinste onafhanklike staat in Suid-Amerika. Die land het, net soos Suid-Afrika, bande met Nederland wat van die koloniale geskiedenis dateer, hoewel Suriname tot 1954 'n Nederlandse kolonie gebly het. Die land het beduidende bevolkingsgroepe van Indiese en Maleise (Javaanse) afkoms.
| |||||
Nasionale leuse: Justitia – Pietas – Fides (Latyns vir: "Geregtigheid – Vrede – Trou") | |||||
Volkslied: God zij met ons Suriname (Nederlands vir: "God sy met ons Suriname") | |||||
Hoofstad | Paramaribo | ||||
Grootste stad | Paramaribo | ||||
Amptelike tale | Nederlands | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Chan Santokhi Ronnie Brunswijk | ||||
Onafhanklikheid | 15 Desember 1954 25 November 1975 30 September 1987 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
163 821 km2 (90ste) 63 252 myl2 1,1 | ||||
Bevolking - 2022-skatting - 2004-sensus - Digtheid |
632 638[1] (170ste) 541 638 3,9 / km2 (231ste) 10,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,730[3] (99ste) – hoog | ||||
Gini (1999) | 57,6[4] – hoog | ||||
Geldeenheid | Dollar (SRD ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
SRT (UTC-3) nie toegepas nie (UTC-3) | ||||
Internet-TLD | .sr | ||||
Skakelkode | +597 |
Suriname het grensgeskille met Guyana sowel as met Frans-Guyana. Die land beslaan 'n oppervlakte van 163 821 km² groot en het 'n kuslyn van 386 km.