Tyche (hipotetiese planeet)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tyche is ’n hipotetiese gasreus wat in die Sonnestelsel se Oortwolk kan lê. Dit is in 1999 die eerste keer voorgestel deur die astrofisici John Matese, Patrick Whitman en Daniel Whitmire van die Universiteit van Louisiana in Lafayette.[1] Hulle het gereken die bewys van Tyche se bestaan kan gesien word in ’n veronderstelde onewewigtigheid in die punte van oorsprong van langperiodekomete. In 2013 het Matese[2] en Whitmire[3] die komeetdata herbeoordeel en opgemerk dat Tyche, as dit bestaan, opspoorbaar sou wees in die argief van data wat deur Nasa se WISE-teleskoop versamel is.[4]
In 2014 het Nasa aangekondig die WISE-opname sluit enige moontlike voorwerp met Tyche se eienskappe uit, wat daarop dui dat Tyche soos deur Matese, Whitman en Whitmire voorgestel, nie bestaan nie.[5][6][7]