Witbank
From Wikipedia, the free encyclopedia
Witbank (amptelik eMalahleni) is 'n stad geleë op die hoëveld van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die naam Witbank is afgelei van 'n wit sandsteen uitspanplek waar transportdrywers voorheen gerus het. In Maart 2006 word die stad herdoop na eMalahleni, die Nguni woord vir "die plek van kool". Die stad is in 'n steenkoolmyngebied met 22 mynmaatskappye in 'n gebied met 'n radius van kleiner as 40 km. Daar is verskeie steenkoolaangedrewe kragstasies naby, asook 'n staalfabriek wat steenkool gebruik, naamlik Highveld Steel and Vanadium Corporation.
- Hierdie artikel handel oor die stad in Mpumalanga. Vir die dorpie in die Noord-Kaap, sien Witbank (Noord-Kaap).
Kitsfeite Witbank eMalahleni, Land ...
Witbank eMalahleni | |
---|---|
Stad | |
Uitsig oor Witbank | |
Koördinate: 25°50′S 29°12′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Nkangala |
Munisipaliteit | Emalahleni |
Stigting | 1890 |
Regering | |
• Tipe | Plaaslike Munisipaliteit |
Oppervlak | |
• Totaal | 164,27 km2 (63,43 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 108 673 |
• Digtheid | 662/km2 (1 710/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 46.8% |
• Indiërs/Asiërs | 2.5% |
• Bruin mense | 2.0% |
• Swart mense | 48.1% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 42.4% |
• Zoeloe | 17.6% |
• Engels | 13.7% |
• Noord-Sotho | 7.6% |
• Ander | 18.7% |
Poskode (strate) | 1035 |
Poskode (posbusse) | 1034 |
Skakelkode | 013 |
Webwerf | http://www.emalahleni.gov.za/ |
Sluit