81ste Golden Globe-toekenningsaand
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 81ste Golden Globe-toekenningsaand vir die beste rolprente en televisieprogramme van 2023 is op 7 Januarie 2024 in Die Beverly Hilton, Beverly Hills, Kalifornië, gehou. Die komediant Jo Koy was die aanbieder.[1] Die program is vervaardig deur Dick Clark Productions, Ricky Kirshner en Glenn Weiss; laasgenoemde was ook die regisseur.[2][3] Dit was die eerste seremonie sedert Dick Clark Productions en Eldridge Industries volle beheer oor die Golden Globes van die Hollywood Foreign Press Association oorgeneem het.[2]
81ste Golden Globe-aand
| ||
Datum | 7 Januarie 2024 | |
Plek | Die Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië | |
Aanbieder | Jo Koy | |
Beste rolprente en reekse | ||
Rolprent | Oppenheimer (drama); Poor Things (komedie of musiekspel) | |
TV-reeks | Succession (drama); The Bear (musiek of komedie) | |
Minireeks of TV-prent | Beef | |
Meeste pryse | Oppenheimer (5) | |
Meeste benoemings | Barbie Succession (9 elk) |
Die benoemdes is op 11 Desember 2023 aangekondig.[4] Barbie en Succession is vir die meeste pryse benoem (9 elk), gevolg deur Oppenheimer (8).[5]
Die kultuurverskynsel "Barbenheimer" (Barbie en Oppenheimer) het 17 benoemings gekry, waarvan dit 7 gewen het.[6][7][8][9]