90377 Sedna
asteroïde / From Wikipedia, the free encyclopedia
90377 Sedna (simbool: )[9] is ’n groot kleinplaneet in die buitewyke van die Sonnestelsel wat in 2015 sowat 86 AE van die Son af was, sowat drie keer so ver as Neptunus. Met spektroskopie is vasgestel Sedna se oppervlaksamestelling is soortgelyk aan dié van sommige ander trans-Neptunus-voorwerpe (TNV's), dus grootliks ’n mengsel van water-, metaan- en stikstofyse. Sy oppervlak is een van die rooistes in die Sonnestelsel. Dit is hoogs waarskynlik ’n dwergplaneet. Van die grootste agt TNV's is Sedna die enigste een wat sover bekend nie ’n maan het nie.[10][11]
Kitsfeite Ontdekking, Ontdek deur ...
Sedna, soos deur die Hubble-ruimteteleskoop afgeneem. | |
Ontdekking [1] | |
---|---|
Ontdek deur | M.E. Brown C. Trujillo David Rabinowitz |
Datum | 14 November 2003 |
Kleinplaneet-benaming | (90377) Sedna |
Alternatiewe name | 2003 VB12 |
Kleinplaneet-kategorie | TNV [2] |
Etimologie | ’n Godin van die see en seediere van die Inuïete |
Wentelbaaneienskappe [2] | |
Epog 13 Januarie 2016 | |
Afelium | ≈ 936 AE [3] 1,4×1011 km 0,015 ligjare |
Perihelium | 76,0917±0,0087 AE 1,1423×1010 km |
Halwe lengteas | 506,8 AE[4][3] 7,573×1010 km |
Wentelperiode | ≈ 11 400 jaar[3] |
Gem. omwentelingspoed | 1,04 km/s |
Gem. anomalie | 358,163±0,0054 ° |
Baanhelling | 11,92872° |
Lengteligging van stygende nodus | 144,546° |
Periheliumhoek | 311,29±0,014 ° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 995±80 km 1 060±100 km |
Rotasieperiode | 10,27 uur |
Sideriese rotasieperiode | 10,3 uur ± 30%[2][5] |
Skynmagnitude | 21,1[6] 20,5[7] |
Absolute magnitude | 1,83±0,05[8] 1,6[2] |
Sluit