Anita Bryant
Amerikaanse sangeres en aktivis / From Wikipedia, the free encyclopedia
Anita Jane Bryant (gebore op 25 Maart 1940) is ’n Amerikaanse sangeres, voormalige skoonheidskoningin en handelsnaamambassadeur vir die Florida-sitruskommissie (betrokke by die bemarking van lemoensap). Sy het in die laat 1950's en vroeë 1960's vier top-40-liedjies gehad, onder meer "Paper Roses", wat no. 5 gehaal het. Sy het later bekend geword as ’n uitgesproke teenstander van LGBT-regte in Amerika en vir haar 1977-veldtog "Save Our Children" om ’n plaaslike ordinansie in Dade County, Florida, herroep te kry waarvolgens diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie verbied is. Dié veldtog het haar gewildheid en vermaakloopbaan ’n groot knou gegee.[1]
Kitsfeite Agtergrondinligting, Geboortenaam ...
Anita Bryant | |
---|---|
Bryant in 1971. | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Anita Jane Bryant |
Gebore | 25 Maart 1940 (1940-03-25) (84 jaar oud) Barnsdall, Oklahoma, VSA |
Genres | Pop |
Beroep(e) | Sangeres, aktivis |
Jare aktief | 1956–1977 |
Etikette | Carlton, Columbia Records, Word Records |
Sluit