Belarussies
Oos-Slawiese taal / From Wikipedia, the free encyclopedia
Belarussies (беларуская мова, bielaruskaja mova, [bʲelaˈruskaja ˈmova]), voorheen Wit-Russies genoem, is 'n taal wat tot die Slawiese tale gereken word. Belarussies word benewens in Belarus ook in dele van Oekraïne en Rusland gepraat en in die ooste van Pole.
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Belarusse.
Kitsfeite Belarussies беларуская мова biełaruskaja mova, Amptelike status ...
Belarussies беларуская мова biełaruskaja mova | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [bʲelaˈruskaja ˈmova] | |
Gepraat in: | Belarus Oekraïne Rusland Pole Letland Litaue | |
Gebied: | Oos-Europa | |
Totale sprekers: | 8 miljoen[1] | |
Rang: | 79 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Slawies Oos-Slawies Suidoos-Slawies Belarussies | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Belarus | |
Gereguleer deur: | Instituut van Belarussies | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | be | |
ISO 639-2: | bel | |
ISO 639-3: | bel | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sluit
Belarussies word in die Cyrilliese alfabet en soms ook in die Latynse alfabet, Łacinka in Belarus, geskryf. Laasgenoemde ontwikkel hulle in die 18de eeu onder die invloed van die Rooms-Katolieke Kerk en die Poolse beïnvloeding uit die weste van die land, wat tot die Poolse verdeling deel uitgemaak het van Pole.
Belarussies is 'n Oos-Slawiese taal en vertoon derhalwe die sterkste verwantskap met Oekraïens en Russies. Belarussies het ook 'n sterk Poolse invloed ondergaan.