Biogeografie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Biogeografie is die studie van die verspreiding van spesies en ekosisteme in die geografiese ruimte en deur die geologiese tyd.[1] Organismes en biologiese gemeenskappe wissel gereeld op 'n geografiese vlak van breedtegraad, hoogte, isolasie en habitat.
Fitogeografie is die tak van biogeografie wat die verspreiding van plante bestudeer. En Soögeografie is die tak wat die verspreiding van diere bestudeer.
Die wetenskaplike teorie van biogeografie groei uit die werk van Alexander von Humboldt (1769–1859),[2] Hewett Cottrell Watson (1804–1881),[3]Alphonse de Candolle (1806–1893),[4]Alfred Russel Wallace (1823–1913),[5] Philip Lutley Sclater (1829–1913) en ander bioloë en ontdekkingsreisigers.[6]