Coles Supermarkte
From Wikipedia, the free encyclopedia
Coles Supermarkets Australia (Edms) Bpk, handeldrywende as Coles, is 'n Australiese supermark- en kleinhandel kettingwinkelgroep wat gebaseer is in Melbourne. Die maatskappy is deel van die Coles Groep. Dit is in 1914 in Collingwood, Victoria gestig deur George Coles. Coles bedryf 807[3] supermarkte in Australië, insluitende Bi-Lo Supermarkets. Coles het meer as 100,000 werknemers,[4][5] met 'n aandeel van meer as 80% in die Australiese mark, saam met sy mededinger Woolworths.[6]
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Coles Supermarkets Australia (Edms) Bpk | |
Tipe | kleinhandel |
---|---|
Gestig | 1914 (as Coles Variety Stores) |
Hoofkantoor | Hawthorn East, Victoria, Victoria, Australië |
Liggings | 807 (1502, insluitende Coles- en Coles Express vulstasies) |
Sleutelpersone | Steven Cain (besturende direkteur) Curtis Stone (ambassadeur) |
Industrie | Kleinhandel, supermarkte en verbruikersdienste |
Inkomste | A$38.175 miljard (2019)[1] |
Bedryfsinkomste | A$1.414 miljard (2018)[2] |
Bates | A$21.644 miljard (2018) |
Werknemers | 112,298 |
Webwerf | Coles.com.au |
Coles Online is die maatskappy se aanlynverkopewinkel-diens ("click & collect" en tuisaflewerings).
Coles Supermarkte was tussen 1986 en 2006 'n handelsmerk van Coles Myer Beperk en later van Coles Group Bpk, voordat Wesfarmers Coles Group in 2007 aangeskaf het. Dit het weereens 'n filiaal geword van Coles Group nadat dit in November 2018 afgesplyt het van Wesfamers.[7]