Daugava
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Daugava-rivier (Belarussies: Дзвіна, Dzwina; Russies: Западная Двина, Sapadnaja Dwina; Duits: Düna) is die beduidendste rivier in die Baltiese lande met 'n lengte van 1 020 kilometer. Die Russiese naam Sapadnaja Dwina beteken letterlik "Westelike Dwina" ter onderskeiding van 'n rivier met dieselfde naam, die Noordelike Dwina.
Kitsfeite Дзвіна - Западная Двина ...
Дзвіна - Западная Двина | |
---|---|
Die Daugava-rivier in Riga, Letland. | |
Die stroomgebied van die Daugava. | |
Oorsprong | Waldaihoogte, Rusland |
Monding | in die Oossee naby Riga |
Stroomgebied | Rusland, Belarus, Letland |
Lengte | 1 022 km (635 myl) |
Oorspronghoogte | 221 m (725 voet) |
Mondinghoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 678 m/s³ (23 900 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 87 900 km² (33 900 myl²) |
Kaart van die Daugava-bekken in Europa. |
Sluit
Die Daugava vloei oor 'n lengte van 347 kilometer vanuit Krāslava tot by sy monding in die Oossee deur Letland en vorm hier ook die grens tussen die Suid-Letlandse landskappe Zemgale en Latgale (Letgallen) en die historiese Lyfland.