Eksoplaneet
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Eksoplaneet of ekstrasolêre planeet is ’n planeet buite die Sonnestelsel. Tot en met 1 Maart 2013 was altesaam 861 sulke planete geïdentifiseer (planete in 677 planetêre stelsels, insluitende 128 stelsels met meer as een planeet). Teen 1 April 2024 was daar 5 653 bevestigde eksoplanete in 4 161 planeetstelsels, met 896 stelsels wat meer as een planeet het.[2] Daar is dus ’n voortdurende stroom nuwe ontdekkings.
Wat meer sê, die Keplersending het reeds ’n paar duisend bykomende kandidate opgespoor, insluitende ’n paar honderd wat lewe sou kon huisves.[3][4]