Georgi Michailowitsj, groothertog van Rusland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Michailowitsj en die van is Romanof.
Kitsfeite Gebore, Titel ...
Georgi Michailowitsj | |
---|---|
Gebore | 13 Maart 1981 (1981-03-13) (43 jaar oud) |
Titel | Groothertog van Rusland Prins van Pruise |
Ouer(s) | Prins Franz Wilhelm van Pruise en groothertogin Maria Wladimirowna van Rusland |
Sluit
Georgi Michailowitsj, groothertog van Rusland (Russies: Георгий Михайлович Романов; geb. 13 Maart 1981) is die regmatige erfgenaam van sy ma, Maria Wladimirowna, groothertogin van Rusland, ’n aanspraakmaker op die betwiste hoofskap van die Huis van Romanof.[1] Sy het aan hom die titel tsesarewitsj gegee en hy het ook die aanspraakmakertitel groothertog, met die aanspreekvorm Keiserlike Hoogheid.
As seun van ’n prins van Pruise het hy ook die titel prins van Pruise, met die aanspreekvorm Koninklike Hoogheid,[2] en is hy lid van die Huis van Hohenzollern.