Giluwe
tweede hoogste berg in Papoea-Nieu-Guinee / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die berg Giluwe is op 4 367 m die tweede hoogste berg in Papoea-Nieu-Guinee en die vyfde hoogste piek op die eiland Nieu-Guinee. Dit is in die provinsie Suidelike Hoogland geleë en is 'n ou skildvulkaan met uitgestrekte graslande. Dit het twee pieke, met die sentrale piek op 4 367 m wat die hoogste is en 'n oostelike piek sowat 2 km van daar teen 4 300 m. Giluwe is die hoogste vulkaan op die Australiese kontinent en Oseanië, en is dus een van die Vulkaniese Sewe Kruine.[1][2][3]
Kitsfeite
Giluwe | |
---|---|
Ligging | Suidelike Hoogland, Papoea-Nieu-Guinee |
Hoogte | 4 367 meter bo seevlak |
Prominensie | 2 507 |
Koördinate | 6°02′36″S 143°53′12″O |
Bergtipe | Uitgedoofde skildvulkaan |
Laaste uitbarsting | ~220 000 jaar gelede |
Die ligging in Papoea-Nieu-Guinee. |
Sluit