Haruki Murakami
1 og den sovende kvinnen (oversatt fr7 / From Wikipedia, the free encyclopedia
Haruki Murakami (村上 春樹, Murakami Haruki?, gebore op 12 Januarie 1949) is 'n Japannese skrywer. Sy boeke en verhale is topverkopers in beide die Japannese en internasionale mark.
Haruki Murakami 村上 春樹 | |
---|---|
Murakami in 2009 | |
Gebore | 12 Januarie 1949 (1949-01-12) (75 jaar oud) Kyoto, Japan |
Nasionaliteit | Japan |
Alma mater | Waseda Universiteit |
Beroep | Romansier, kortverhaalskrywer, vertaler |
Webwerf | www |
Handtekening | |
Sy boeke is in vyftig tale vertaal,[1] en miljoene eksemplare daarvan is wêreldwyd verkoop.[2][3]
Sy werk het verskeie pryse gewen, insluitend die Wêreld Fantasie-prys, die Frank O'Connor Internasionale Kortverhaal-prys, die Franz Kafka-prys, en die Jerusalem-prys.
Murakami se noemenswaardige werke sluit in A Wild Sheep Chase (1982), Norwegian Wood (roman) (1987), The Wind-Up Bird Chronicle (1994–95), Kafka on the Shore (2002), en 1Q84 (2009–10). Hy het ook werke van onder andere Raymond Carver en J. D. Salinger in Japannees vertaal.
Sy fiksie, wat somtyds gekritiseer is deur die Japannese literêre establishment as on-Japannees,[4][5] is beïnvloed deur Westerse skrywers; van [6] Raymond Chandler tot Kurt Vonnegut en Richard Brautigan.
Sy werk is dikwels van 'n surrealistiese en melancholiese of fatalistiese aard, en word deur 'n Kafkaeskiese weergawe van die "herhalende temas van sosiale vervreemding en eensaamheid" gekenmerk[7] wat hy vervleg in sy diskoerse. Steven Poole van The Guardian het Murakami geprys as "van die wêreld se grootste lewende romansiers".[8]