Hongare
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Hongare of Magjare (Hongaarse enkelvoud: magyar [ˈmɒɟɒr], meervoud: magyarok [ˈmɒɟɒrok]) is 'n Fins-Oegriese nasie en etniese groep inheems aan Hongarye wat 'n gemeenskaplike Hongaarse afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Hongaars as moedertaal praat. Alternatiewelik is Hongare diegene wat in Hongarye woon of in Hongarye gebore is. Om etniese Hongare van ander etniese groepe in Hongarye te onderskei, word hulle soms Magjare genoem.[21]
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Hongaars.
Hongare | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 13,1–14,7 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Hongarye 8,5[1]–9,8 miljoen[2] Verenigde State ~1,4 miljoen[3] |
Taal: | Hongaars |
Geloofsoortuiging: | Rooms-Katolieke Kerk[20] Protestantisme (hoofsaaklik Calvinisme, Unitarianisme en Lutheranisme); ongebonde; Grieks-Katolieke Kerk |
Verwante etniese groepe: | Ander Fins-Oegriese volke soos Estlanders en Finne |
Hongare vorm die titulêre nasie van Hongarye, waar hulle sowat 78% van dié land se bevolking uitmaak. Naas Hongare woon etniese minderhede soos Roma (3,6%) en Duitsers (1,6%) ook in Hongarye. Behalwe vir Hongarye kom Hongaarse minderhede ook in aangrensende Europese lande soos Roemenië (6,5%), Slowakye (8,5%), Serwië (3,5%), Oekraïne (0,3%) en Oostenryk (0,2%) voor, maar die oorgrote meerderheid van Hongare woon in Hongarye.
Wêreldwyd leef tussen 13,1 en 14,7 miljoen Hongare, waarvan tussen 8,5 en 9,8 miljoen in Hongarye, omtrent 1,4 miljoen in die Verenigde State, 315 510 in Kanada, 156 812 in Duitsland en tussen 100 000 en 200 000 in Frankryk. Daarbenewens het Hongare ook in lande soos Brasilië (80 000), Australië (67 616), Frankryk (tussen 100 000 en 200 000), die Verenigde Koninkryk (52 250) en Swede (tussen 40 000 en 70 000) gevestig.
In teenstelling met die ander inheemse etniese groepe van Sentraal-Europa wat tot die Germaanse of Slawiese volke behoort, behoort die Hongare saam met Estlanders en Finne tot die Fins-Oegriese volke. Die meeste Hongare se geloofsoortuiging is Rooms-Katoliek of Protestants.