Israel in Egipte
From Wikipedia, the free encyclopedia
Israel in Egipte (HWV 54), is 'n Bybelse oratorium deur die komponis George Frederick Handel. Die meeste kenners glo dat die libretto ideur Charles Jennens voorberei is, wat ook die Bybelse tekste vir Handel se Messias (HWV 56) saamgestel het. Dit is geheel en al saamgestel uit gedeeltes uit die Ou Testament, hoofsaaklik uit Eksodus en die Psalms.
Israel in Egipte | |
---|---|
Oratorium deur George Frederick Handel | |
Händel soos geskilder deur Balthasar Denner, 1733 | |
Katalogus | HWV 54 |
Jaar | 1739 (1739) |
Teks | Teks gebaseer op die boek Eksodus en die Psalms, saamgestel deur Charles Jennens |
Taal | Engels |
Opgevoer | 4 April 1739 in Her Majesty's Theatre & King's Theatre, Haymarket |
Bewegings | 46 |
Partituur |
|
Israel in Egipte is vir die eerste keer op 4 April 1739 in Londen se King's Theatre in die Haymarket uitgevoer met Élisabeth Duparc ("La Francesina"), William Savage, John Beard (tenoor), Turner Robinson, Gustavus Waltz en Thomas Reinhold. Handel het dit begin komponeer kort nadat die operaseisoen by King's Theatre weens 'n gebrek aan intekenare gekanselleer is. Die oratorium is nie goed deur die eerste gehoor ontvang nie, hoewel dit in die Daily Post geprys is;[1] die werk is vir die tweede uitvoering verkort, en die hoofsaaklik koorgebaseerde oratorium is met arias in die Italiaanse styl aangevul.
Die eerste weergawe van die stuk is in drie dele eerder as twee; die eerste deel meer bekend as "Die weë van Sion treur", met die gewysigde teks as "Die kinders van Israel treur" met verwysing na die volk wat die dood van Josef betreur. Hierdie gedeelte gaan die uittog uit Egipte vooraf, wat in die driedelige weergawe die tweede eerder as die eerste deel is.