KV61
From Wikipedia, the free encyclopedia
KV61 is 'n ongebruikte grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is in Januarie 1910 deur Harold Jones ontdek en uitgrawings is gedoen namens die Amerikaanse miljoenêr-sakeman Theodore M. Davis. Dit bestaan uit 'n kamer aan die onderkant van 'n skag. Dit was blykbaar onversier en ongebruik. Daarom is die persoon vir wie dit bedoel was nie bekend nie.[1]
Kitsfeite
KV61 | ||
Ongebruikte grafkelder | ||
Die plan van KV61. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | Egipte | |
Ontdek | Januarie 1910 | |
Uitgrawings deur | Harold Jones (1910) Universiteit van Basel (2017-'18). | |
Sluit