Kakaoboom
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die kakaoboom (Theobroma cacao), wat aan die familie Malvaceae behoort, is immergroen en inheems aan die noordelike deel van Suid-Amerika. Brasilië was die grootste produsent in die Nuwe Wêreld. Die grootste deel van die wêreldproduksie kom egter uit die tropiese gebiede van Wes-Afrika, veral Ghana.
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Binomiale naam ...
Kakaoboom | |
---|---|
Kakaovrugte aan 'n kakaoboom | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malvales |
Familie: | Malvaceae |
Genus: | Theobroma |
Spesie: | T. cacao |
Binomiale naam | |
Theobroma cacao | |
Sinonieme | |
|
Sluit
Wat die verspreiding betref, is dit eienaardig dat kakao en koffie (Coffea arabica) plekke geruil het. Koffie is inheems aan Afrika, maar tans word meer koffie in Suid-Amerika as in enige ander wêrelddeel verbou.