Konjunksie (sterrekunde)
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Konjunksie in sterrekunde kom voor wanneer twee hemelliggame of ruimtetuie óf dieselfde regte klimming óf dieselfde ekliptiese lengte het, gewoonlik soos van die Aarde af gesien.[1][2] Die skynbare afstand tussen hulle is dus ’n minimum. Die sterrekundige simbool vir konjunksie is (in Unicode U+260C ☌). Die simbool word nie meer in moderne astronomie gebruik nie, maar wel steeds in astrologie.
’n Konjunksie vind plaas tussen twee voorwerpe in die sonnestelsel of tussen ’n sonnestelsel-liggaam en ’n afgeleë voorwerp soos ’n ster. Dit is ’n skynbare verskynsel wat veroorsaak word deur die waarnemer se perspektief; die twee voorwerpe is nie werklik naby mekaar in die ruimte nie.