Ladogameer
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ladogameer (Russies: Ла́дожское о́зеро, Ladozhskoye ozero, [ˈladəʂskəjə ˈozʲɪrə] of Ла́дога, Ladoga, [ˈladəgə]; Fins: Laatokka; Karelies: Luadogu; Wepsies: Ladog of Ladoganjärv) is die grootste meer in Europa met 'n oppervlakte van 17 700 km² en is in Noordwes-Rusland naby Sint Petersburg geleë. Dit word deur die Newarivier met die naburige Oossee verbind en deur die Swirrivier word die Ladogameer met die naburige Onegameer verbind. Deur die Witsee-Oossee-kanaal word hierdie waterweg met die Witsee in die noorde verbind. Daarbenewens word die Ladogameer deur die Wuoksirivier met die Saimaameer in Finland verbind.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e6/Rainbow_at_Ladoga.jpeg/640px-Rainbow_at_Ladoga.jpeg)
Ladogameer | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Ladogameer | |
![]() Kaart van die Ladogameer | |
Koördinate: | 61°00′N 31°30′O |
Ligging: | Noordwes-Rusland (Republiek van Karelië, Leningrad-oblast) |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 17 700 km² (6 800 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 51 m (167 vt) |
Maksimum diepte: | 230 m (750 vt) |
Volume: | 837 km³ (201 myl³) |
Lengte: | 219 km (136 myl) |
Breedte: | 138 km (86 myl) |
Opvangsgebied: | 276 000 km² (107 000 myl²) |
Invloei: | Swir, Wolkhof, Wuoksi |
Uitvloei: | Newarivier |
Eiland/e: | 660 |
Nedersettings: | Sortawala, Sjasstroi |
Belangrike stede rondom die Ladogameer sluit in Sortawala en Sjasstroi. In die meer is 660 eilande geleë, waarvan Walaam die bekendste is. Die eiland is veral bekend vir die Russies-Ortodokse klooster Walaam.