Lenapilare
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Lenapilare (Russies: Ле́нские столбы́, Lenskije Stolbi) is ’n natuurlike rotsformasie aan die oewers van die Lenarivier in die verre Oos-Siberië. Die pilare is 150 tot 300 m hoog en is in van die Kambriese seebekkens gevorm. Die Lenapilare-natuurpark is van 2012 af ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.[1]
Kitsfeite *, Unesco-wêrelderfenisterrein ...
Lenapilare-natuurpark* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Die pilare soos gesien van ’n rivierboot af. | |
Koördinate: 60°56′54.4″N 125°59′6.1″O | |
Lande | Rusland |
Tipe | Natuurlik |
Kriteria | viii |
Verwysings | 1299 |
Streek† | Europa |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 2012 (36ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Sluit
Die terrein is minder as ’n dag se reis van die stad Jakoetsk, die hoofstad van die Republiek Sacha, af.[2] Die pilare bestaan uit wisselende lae kalksteen, mergel, dolomiet en leisteen uit die vroeë tot sentrale Kambrium-periode wat ruwe punte gevorm het vanweë erosie.[3]