Ljachofski-eilande
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ljachofskije-eilande (Russies: Ляховские острова, Jakoeties: Ляхов арыылара) is die mees suidelike subgroep van die Nieu-Siberiese Eilande noord van die Oos-Siberiese kus tussen die Laptef-see en die Oos-Siberiese See noord van Sacha (Jakoetië). Die subgroep word van die vasteland geskei deur die Laptef-straat en van die Anzjoe-eilande deur die Sannikof-straat. Die eilande is:
- Groot Ljachofski-eiland (о. Большо́й Ля́ховский; 4 600 km²)
- Klein Ljachofski-eiland (о. Ма́лый Ля́ховский; 1 325 km²)
- Stolbowoi-eiland (о. Столбово́й; 170 km²)
- Semjonofski-eiland (о. Семёновский; 0 km², nou onder water)
Kitsfeite Ljachofski-eilande Inheemse naam: Ляховские острова, Ляхов арыылара, Geografie ...
Ljachofski-eilande Inheemse naam: Ляховские острова, Ляхов арыылара | |
---|---|
Die Nieu-Siberiese Eilande. | |
Geografie | |
Ligging | Rusland, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 74°39′N 141°59′O |
Argipel | Nieu-Siberiese Eilande |
Totale eilande | 4 |
Hoofeilande | Groot Ljachofski-eiland, Klein Ljachofski-eiland, Stolbowoi-eiland, Semjonofski-eiland |
Oppervlakte | 6 095 vk km |
Administrasie | |
Rusland | |
Republiek | Jakoetië
|
Demografie | |
Bevolking | 0
|
Sluit
Die eilande is genoem na Iwan Ljachof, wat hulle in 1773 verken het.