Maori (taal)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Māori of te reo Māori (ˈmaːoɾi, te ˈɾeo ˈmaːoɾi, luister (hulp·inligting)), algemeen kort te reo ("die taal") genoem, is die taal van Nieu-Seeland se inheemse Māori-bevolking. Dit is saam met Engels 'n amptelike taal van Nieu-Seeland.
Kitsfeite Māori te reo Māori, Amptelike status ...
Māori te reo Māori | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Nieu-Seeland | |
Gebied: | Oseanië | |
Totale sprekers: | 148 000 volgens 2013-sensus[1] | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Oseanies Polinesies Kern-Polinesies Oos-Polinesies Sentraal-Polinesies Tahities Māori Māori | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Nieu-Seeland | |
Gereguleer deur: | Māori-taalkommissie | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | mi | |
ISO 639-2: | mao (B), mri (T) | |
ISO 639-3: | mri | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sluit
Taalkundiges klassifiseer Māori as 'n Oos-Polinesiese taal wat nou verwant aan Cookeilandse Māori, Tuamotuaans en Tahitiaans is. Dit is ietwat minder verwant aan Hawais en Marquesaans en het daarnaas nog 'n los verbintenis met die tale van Wes-Polinesië, waaronder Samoaans, Tokelauaans, Niuies en Tongaans.
Volgens die Māori-taalkommissie het die aantal volwasse sprekers, wat Māori vlot kan praat, in 1995 tot sowat 10 000 gedaal.