Santa María (vulkaan)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Santa María-vulkaan is 'n groot, aktiewe vulkaan in die westelike hoogland van Guatemala, naby die stad Quetzaltenango. Dit was in die plaaslike taal K'iche' as Gagxanul bekend, tot met die 16de-eeuse Spaanse verowering van die streek.[1]
Kitsfeite
Santa María, Santiaguito | |
---|---|
Ligging | Quetzaltenango-departement, Guatemala |
Hoogte | 3 772 meter bo seevlak |
Koördinate | 14°45′20″N 91°33′06″W |
Bergtipe | Stratovulkaan |
Laaste uitbarsting | 1922 tot tans |
Ligging in Guatemala. |
Sluit
Die uitbarsting van 1902 op Santa María was die derde grootste van die 20ste eeu, naas die een in 1912 van Novarupta en die een in 1991 van die berg Pinatubo. Dit is ook een van die vyf grootstes die afgelope 200 (of heel waarskynlik 300) jaar.[2]
Vanweë die gevare wat Santa María vir nabygeleë nedersettings inhou, is dit aangewys as 'n Dekadevulkaan. Dit is dus nou 'n teiken vir verdere studie om die skade van toekomstige natuurrampe te verklein.