Swaweldioksied
chemiese verbinding / From Wikipedia, the free encyclopedia
Swaweldioksied is 'n chemiese verbinding van swawel en suurstof met 'n formule SO2. By kamertemperatuur is dit 'n kleurlose gas met 'n stekende, verstikkende reuk.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Swaweldioksied |
Chemiese formule | SO2 |
Molêre massa | 64,1 [g/mol] |
CAS-nommer | 7446-09-5 [1] |
Reuk | verstikkend[1] |
Reukdrempel | 3-5 dpm[1] |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -75.5 °C[1] |
Kookpunt | -10 °C[1] |
Digtheid | 2,25 (rel t.o. lug)[1] |
Oplosbaarheid | |
Henry se konstante | 1,26 [L/mol.atm] 3050 [K][2] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
LD50 | 2520 dpm (inaseming by rotte)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Die gas word by verbranding van swawel gevorm:
Die swawelatoom het 'n oksidasiegetal van +4 in hierdie molekuul, wat nie die hoogste moontlike waarde is nie. Dit wil sê dat dit nog met suurstof kan reageer en swaweltrioksied kan vorm volgens:
Hierdie reaksie is nogtans slegs in aanwesigheid van 'n katalisator soos vanadium(V)oksied V2O5[3] moontlik.
Swaweldioksied is 'n taamlik sterk Lewis-suur wat met water swaeligsuur H2SO3 vorm:
Hierdie reaksie kan ekologiese gevolge inhou. Die verbranding van brandstowwe wat swawel bevat, soos steenkool of olie, stel swaweldioksied vry wat in die water van riviere en mere oplos.