The Gabba-krieketveld
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Brisbane-krieketveld, algemeen bekend as The Gabba,[1][2] is 'n groot sportstadion in Brisbane, die hoofstad van Queensland, Australië. Die bynaam Gabba is afgelei van die voorstad Woolloongabba, waarin dit geleë is.
Kitsfeite Bynaam, Volle naam ...
Brisbane-krieketveld | ||
'n Kriekettoets tussen Australië en Suid-Afrika op die Gabba in November 2012 | ||
Bynaam | The Gabba | |
---|---|---|
Volle naam | The Gabba krieketveld | |
Ligging | Woolloongabba, Queensland, Australië | |
Koördinate | 27°29′9″S 153°2′17″O | |
Eienaar | Queenslandregering | |
Kapasiteit | 42 000 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1895 | |
Huurders | ||
Australiese nasionale krieketspan, Queensland krieketspan, Brisbane Lions, Brisbane Heat |
Sluit
Die perseel vir die krieketveld is in 1895 uitgesit, en die eerste wedstryd is op 10 Desember 1896 gespeel, tussen Parliament en The Press.[3]
Oor die jare heen het die Gabba atletiek, Australiese voetbal, bofbal, konserte, krieket, fietsry, rugby league, rugby, sokker en perde- en windhondresies aangebied. Dit is tydens die Krieketwêreldbeker 1992, die Krieketwêreldbeker 2015 en die T20I-wêreldbeker 2022 ingespan. Die Brisbane-krieketveld sal ook tydens die Olimpiese Somerspele 2032 ingespan word.