The History of the Decline and Fall of the Roman Empire
From Wikipedia, the free encyclopedia
The History of the Decline and Fall of the Roman Empire[lower-alpha 1] is 'n sesvolume werk van die Engelse historikus Edward Gibbon. Dit spoor die Westerse beskawing (sowel as die Islamitiese en Mongoolse verowerings) vanaf die hoogtepunt (die Nerva–Antonynse dinastie) van die Romeinse Ryk tot die val van Bisantium na. Volume I is in 1776 gepubliseer en ses keer herdruk.[1] Volumes II en III is in 1781 gepubliseer;[2][3] en volumes IV, V en VI in 1788–1789.[4][5][6][lower-alpha 2]
The History of the Decline and Fall of the Roman Empire | |
---|---|
Skrywer | Edward Gibbon |
Land | Engeland |
Taal | Engels |
Onderwerp | Romeinse Ryk |
Uitgewer | Strahan & Cadell, Londen |
Uitgegee | 1776–1789 |
Die ses boekdele dek die geskiedenis vanaf 98 v.C. tot 1590, dit wil sê die Romeinse Ryk en die ontstaan daarvan, die geskiedenis van die vroeë Christendom en van die Romeinse Staatskerk, sowel as die geskiedenis van Europa. Dit bespreek onder andere die agteruitgang van die Romeinse Ryk.