Uruk-tydperk
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Uruk-tydperk (omstreeks 4000-3100 v.C.; ook bekend as die Protogeletterdheidstydperk)[1][2] het van die prehistoriese Eneolitikum geduur tot die vroeë Bronstydperk in die geskiedenis van Mesopotamië. Dit was ná die Obeid-tydperk en voor die Jemdet Nasr-tydperk.[3] Dit is genoem na die Sumeriese stad Uruk en was die begin van die stedelike lewe in Mesopotamië en die Sumeriese beskawing.[4] In die laat Uruk-tydperk (34ste tot 32ste eeu v.C.), wat met die vroeë Bronstydperk ooreenstem, het wigskrif geleidelik ontstaan.
Kitsfeite
Uruk-tydperk | ||
Streek | Mesopotamië | |
Tydperk | Kopertydperk | |
Datums | c. 4000-3100 v.C. | |
Tipeterrein | Uruk | |
Voorafgegaan deur | Obeid-tydperk | |
Opgevolg deur | Jemdet Nasr-tydperk |
Sluit
In dié tydperk het die beskildering van erdewerk afgeneem namate koper gewild geword het. Silinderseëls het ook ontstaan.[5]