Verdrag van Lissabon
Verdrag wat die grondwetlike grondslag van die Europese Unie wysig, onderteken deur al die State van die Unie in Lissabon op 2007 / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Verdrag van Lissabon (ook bekend as die Hervormingsverdrag) is 'n internasionale ooreenkoms wat op 13 Desember 2007 in Lissabon onderteken is en die werking van die Europese Unie (EU) beïnvloed. Die verdrag is deur alle lede van die EU bekragtig en het van krag geword op 1 Desember 2009. Die verdrag het die Verdrag van die Europese Unie (Maastricht, 1992) en die Verdrag van die stigting van die Europese Gemeenskap (Rome, 1957) gewysig.
Aansienlike veranderinge sluit die volgende in:
- meer stemming per gekwalifiseerde meerderheid in die Raad van Ministers,
- toename in die betrokkenheid van die Europese Parlement in die wetgewende proses deur medebeslissing met die Raad van Ministers,
- tot niet making van die pilaarstelsel,
- voorkoming van die bepaling in die Verdrag van Nice (2001),
- 'n vermindering in die aantal kommissarisse,
- die skepping van 'n President van die Europese Raad (met 'n termyn van 2½ jaar) en 'n Hoë Verteenwoordiger wat 'n verenigde posisie met betrekking van EU-beleide sal verteenwoordig en
- die Unie se menseregtehandves, die Handves van Grondregte, word wetlik bindend gemaak.
Die gekonstateerde doel van die verdrag is "om die proses wat deur die Verdrag van Amsterdam (1997) en die Verdrag van Nice (2000) begin is, te voltooi, met 'n blik op die versterking van die Unie se doeltreffendheid en demokratiese geldigheid, en om die samehang van sy aksies te verbeter".[1] Teenstanders van die verdrag, soos die Britse dinktenk Open Europe en voormalige Deense parlementslid Jens-Peter Bonde, hou vol dat die verdrag die EU sal sentraliseer[2] en demokrasie sal verswak deur die krag weg van die nasionale kiesers te neem.[3]