Kagiso Rabada
Krieket speler van Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Kagiso Rabada (gebore 25 Mei 1995 in Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler, wat in al die formate van die spel speel. Rabada, wat bekend is onder die bynaam KG,[1] is 'n snelbouler en speel plaaslike krieket vir die Highveld Lions. Hy het sy Proteabuiging in November 2014 gemaak in beperkte boulbeurtkrieket en die volgende jaar ook sy Toetsdebuut in November 2015. Hy het onder meer tydens die Kampioenetrofee 2017, die krieketwêreldbekertoernooie in 2019 en 2023, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2016, 2021 en 2022 vir Suid-Afrika gespeel.
Kagiso Rabada | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Kagiso Rabada in 2016 | ||||||
Gebore | 25 Mei 1995 (1995-05-25) (28 jaar oud) Johannesburg, Suid-Afrika | |||||
Lengte | 1.91 | |||||
Kolfstyl | Linkshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm snel | |||||
Rol | Snelbouler | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 323) | 5 November 2015 v Indië | |||||
Laaste Toets | 30 Maart 2018 v Australië | |||||
EDI debuut | 10 Julie 2015 v Bangladesj | |||||
EDI hempno. | 25 | |||||
T20I debuut (no 62) | 5 November 2014 v Australië | |||||
T20I hempno. | 62 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
2013/14 | Gauteng | |||||
2014/15– | Lions | |||||
2016 | Kent | |||||
2017 | Delhi Daredevils | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1e rangs | A-lys | ||
Wedstryde | 30 | 48 | 48 | 66 | ||
Lopies aangeteken | 410 | 177 | 611 | 226 | ||
Kolfgemiddeld | 13.22 | 16.09 | 13.00 | 12.55 | ||
100s/50s | 0/0 | 0/0 | 0/0 | 0/0 | ||
Hoogste telling | 34 | 26 | 48* | 26 | ||
Aflewerings geboul | 5613 | 2,428 | 9,141 | 3,336 | ||
Paaltjies | 143 | 75 | 210 | 96 | ||
Boulgemiddeld | 21.59 | 27.57 | 22.95 | 30.36 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 9 | 1 | 11 | 1 | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 4 | 0 | 5 | 0 | ||
Beste boulontleding | 7/112 | 6/16 | 9/33 | 6/16 | ||
Vangskote/Stonkings | 12/- | 13/- | 17/- | 17/- | ||
Bron: cricinfo, 3 April 2018 |
Rabada was op hoërskool by St Stithians Boys College, tot hy sy skoolloopbaan voltooi het in 2013. Teen Januarie 2018 was hy bo-aan beide die IKR-EDI-boulerranglys en die IKR-toetsboulerranglys op die jeugdige ouderdom van 22.
In Julie 2016 het Rabada die eerste speler geword om ses toekennings by Krieket Suid-Afrika (KSA) se jaarlikse dinee te ontvang, insluitend die prys as die Krieketspeler van die Jaar.[2]