La Défense
From Wikipedia, the free encyclopedia
La Défense (Frans: [la de.fɑ̃s]; letterlik: "die verdediging") is die sentrale besigheidsdistrik van die Franse hoofstad Parys. Die hipermoderne sakesentrum met sy wolkekrabbers, groot woonstelblokke en inkoopsentra – die grootste van sy soort in Europa – het ná die Tweede Wêreldoorlog ontstaan om in die groeiende vraag na kantoorruimtes te voorsien. Om die historiese stadsbeeld van Parys te bewaar, is die sakesentrum buite die stadsgrense in die westelike voorstede (banlieues) Courbevoie, Nanterre en Puteaux, in die département Hauts-de-Seine – nadat eerste voorstelle in hierdie verband reeds gedurende die 1930's gemaak is – teen die middel van die 1950's beplan en vervolgens verwesenlik.[1]